BOSVELD BOEREMARK
Plaaslike produkte, vars groente, baie stalletjies, goeie mense en lekker musiek!
Vind plaas reg langs Doringdraad. Kom geniet die dag saam met ons. Geen toegang gelde.
Goeie kos. Yskoue bier. Bosveld diens.
Welkom by Doringdraad.
Doringdraad is meer as net ’n restaurant en kroeg – dis ’n plek waar vreemdelinge vriende word, stories gedeel word en herinneringe gemaak word. Kom geniet egte Bosveld gasvryheid.
Van Bosveld feeste tot groot musikale aande – by Doringdraad gebeur daar altyd iets.
Ons hou daarvan om mense saam te bring en beplan baie groot dinge in die toekoms. Hou die spasie dop!
Plaaslike produkte, vars groente, baie stalletjies, goeie mense en lekker musiek!
Vind plaas reg langs Doringdraad. Kom geniet die dag saam met ons. Geen toegang gelde.
’n Dag vol kos, musiek, mampoer en Bosveld pret om die nuwe jaar in te gaan. Volg ons op Facebook om op hoogte te bly met die reëlings.
Ons beplan nog aan volgende jaar se feeste. Kom kyk gereeld terug om te sien of daar enige nuus is.
Egte Bosveld kos wat jou laat terugkom vir meer. Ons is bekend vir ons eisbein en hoendervlerkies.
Dinsdae is pizza aand, Woensdae het ons burgers en dagwoods, Vrydae het ons 'n pub lunch wat weekliks verander en sommige Saterdae is daar iets ekstra lekker op die menu.
Ons braai ook soms lekker saam met ons klante. Jy bring jou vleis, ons gee die vuur en 'n bykos. Hoekom? Want hier is ons familie.
Ons het al julle favourites! Maar dit is beslus ons twee dubbel brannas en mix special vir spot goedkoop wat loop soos stroop! Natuurlik Groot Marico Mampoer in verskillende forms; Doringrosie is die girls se koeldrank en dan is daar Vanilla en Cherry Cola (die groot mens weergawe) wat ekstra lekker is op warm dae.
Binnekort kan julle ook ons huisbier, O'Fok Lager en O'Fok St Parter kom geniet. 'n Craft bier gemaak in die hartjie van die bosveld.
Doringdraad is geleë op Marlothii Game Reserve. Die wildsplaas is nogsteeds in die begin stadium, maar daar is al 20km se pad oop gestoot wat jou toegang gee tot kamp plekke diep in die bos.
Op die oomblik is dit nog net off-grid camping, maar ons werk daaraan om chalets op te sit vir die wat meer gemaklik wil tyd spandeer in die bos.
Proe, ontdek en beleef ons handgemaakte Bosveld spirits. Hierdie is iets wat jy moet ervaar as jy Groot Marico toe kom. Proe 7 soorte mampoer, insluitende ons 80%, asook 'n paar ander mampoer drankies wat ons het om te offer.
Dit is perfek vir 'n groep vriende wat tyd saam wil geniet op 'n unieke manier.
Die beste is jy hoef nie eers te bespreek nie. Ons is altyd reg vir jou!
Bring die mense. Ons bring die kos, drank en Bosveld kuier.